Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Monday 22 July 2013

Die proses van selfpublikasie

Proses van selfpublisering in samewerking met Erfenis Publikasies.

Redigering
Redigering van manuskrip.
Tydsduur ± 3 weke na aanvang van ooreenkoms waarna die skrywer die manuskrip terug ontvang vir herskryf, waar nodig, en die aanbring van korreksies.

Uitleg
Uitleg van manuskrip en regstelling van elektroniese foute.
Tydsduur ongeveer 2 – 3 weke, waarna ’n PDF dokument aan die skrywer gestuur sal word vir die skrywer se goedkeuring.
Indien veranderinge aangebring moet word, moet die skrywer ’n kopie laat druk en skriftelike veranderinge aan die uitleg uit wys.
’n Kopie moet aan Erfenis Publikasies oorhandig/gestuur word met duidelike, skriftelike instruksies vir korreksies wat aangebring moet word vir die finale uitleg.
Enige verandering/e wat die uitleg ná die finale uitleg sal beïnvloed sal addisionele kostes meebring.
Finale korreksies, wat nie die uitleg beïnvloed nie, sal na proeflesing aangebring word.

Uitleg van manuskrip met grafiese materiaal: koste sal bereken word na aanleiding van die hoeveelheid werk wat gedoen moet word.
Foto’s en/of sketse moet deur die skrywer voorsien word.
Indien Erfenis Publikasies behulpsaam moet wees met die verkryging van grafiese materiaal, en/of werk moet doen om foto’s gereed te maak vir gebruik daarvan sal dit addisionele koste meebring.

Proeflees
Tydsduur ± 2 weke (insluitend die aanbring van finale korreksies).

Omslag ontwerp
Die skrywer kan met die grafiese kunstenaar in gesprek tree oor die ontwerp van die omslag. Hy/sy kan ook grafiese materiaal voorsien vir die ontwerp van die omslag.
Daarna sal die ontwerper 5 voorstelle vir die ontwerp aan die skrywer voorlê vir bespreking. Hierop sal die ontwerper ’n verdere 3 voorstelle voorlê met die oog op die keuse vir die finale ontwerp van die omslag.
Die skrywer moet die finale keuse vir die omslag skriftelik goedkeur.
Tydsduur ± 2 weke.

Die finale uitleg met omslag moet gedruk word in boekvorm – die koste hiervan is vir die skrywer – en daarna moet die boek weer geproeflees word vir finale korreksies.

Druk van boek
'n Eerste kwotasie sal aangevra word om die skrywer 'n aanduiding van die kostes te gee.
Kwotasies sal aangevra word wanneer die finale uitleg gedoen is, en sal skriftelik aan die skrywer voorgelê word, waarna die skrywer skriftelik opdrag moet gee vir die hoeveelheid boeke wat gedruk moet word.

’n Skriftelike kwotasie vir al die werk sal deur Erfenis Publikasies aan die skrywer gestuur word na ontvangs van die manuskrip.

Nuwe publikasie: die Camino: churros en chirurgie

Veels geluk aan Willem Malherbe met sy debuut "die Camino: churros en chirurgie"! Dit is ’n lieflike reis"dagboek" met volkleur foto's oor sy en sy vrou, Hildegard se ervaringe gedurende hulle Camino-staptog in beide Frankryk en Spanje. Die boek bevat pittige staaltjies en waardevolle inligting vir enigiemand wat in die Camino belangstel. 
Kontak vir Willem by wpm@isales.co.za

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg