Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Tuesday 4 November 2014

STRANGERS IN THE BOX

Cover Design and Layout by Stella Stofberg
Since the publication of The Shadow of a Dream in 2006, much additional information relating to the author’s ancestry was revealed by the ever growing World Wide Web.  Better communication with namesakes, historical societies and archives also added new photographs and data. Now liberally illustrated biographical sketches spanning 9 generations, mixed with history and the author’s personal journeys conclude 12 years of research making Strangers in the Box the most comprehensive study of the Kersandt families to date.

Orders:
Uwe Kersandt
082 316 3234

kersandt@intekom.co.za

Die familie SPAARWATER in Suid-Afrika

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg
Die eerste bekende Spaarwaters in Suid-Afrika het in 1845 uit Rotterdam, Nederland in die land aangekom. Hulle was ‘n seun, Pieter, 12 jaar oud, en sy latere eggenote, Elizabeth Helders, vyf. Volgens oorlewering het hulle gestam uit  die Watergeuse van die suide van die provinsie Holland. Hulle is in 1863 in Kaapstad getroud en het hulle in Stellenbosch gevestig. Uit die huwelik is vier kinders gebore, twee dogters en twee seuns. Die seuns, Pieter en Hendrik Johannes, het kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog na die Zuid-Afrikaansche Republiek geëmigreer, waar albei van hulle spore in die oorlog nagelaat het.

Bestellings:
Maritz Spaarwater
083 302 2093

maritzs@mweb.co.za

Die pikkewyne dink en doen

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg
’n Pragtige volkleur kinderboek:

Oud en jonk sal hierdie meesleurende stories en pragtige illustrasies van Pikkie Pikkewyn en sy gesin geniet. Daar is ’n goeie balans tussen pret, humor en plesier teen­oor ernstige gebeure en die harde lesse wat die lewe ons soms leer. Cecilia Jacobs slaag uitstekend daarin om die diere in die verhaal te vermenslik en elke ouer en kind sal met die karakters kan identifiseer.
Die stories help kinders om belangrike lewenswaardes soos eerlikheid, liefde en omgee te verstaan en hulle eie te maak. Hulle word ook ingetrek om vaardighede soos probleemoplossing, selfhandhawing, kritiese denke en kommunikasie te oefen. Op hier­die manier is Die pikkewyne dink en doen uitstekende ondersteuning vir die inhoud van die kurrikulum van kleuter- en laerskole, tot en met graad vier.
In die moderne konteks is die benadering vars omdat die kinders in die stories nie behep is met moderne tegnologie nie. Hulle speel en neem deel aan sport en groot klem word gelê op gesinsaktiwiteite. Wat veral beïndruk is die feit dat baie geld en besittings nie noodsaaklik is vir geluk nie. Elke ouer en grootouer behoort hierdie stories vir sy kind en kleinkind te lees.

Dr Nelia Louw
Gesins- en Geslagsopvoedkundige

Bestellings:
Cecilia Jacobs
083 226 0155

jcelia@telkomsa.net

DIE SPOKE VAN HASENJACHT



Omslagontwerp deur Stella Stofberg
'n Jeugverhaal:

“Die onheilspellende vrees proe soos lood in sy mond. Weer wonder hy waar sy volgmotor kan wees, want daar is nog steeds geen teken van ligte nie.  Skielik is daar meer skaduwees agter hom en hy kan ook hoor dat daar in die verte opgewonde geblaf of gelag of gegiggel word.  Hy besef dat hy al hoe meer agtervolgers by kry.  Die benoudheid klop swaar in hom en hy weet dit is fataal, want dit neem suurstof en energie weg van waar hy dit nou nodig het.”

Bestellings:
Heila Henning

heijohn@telkomsa.net

MEESTERS, MAGNATE EN MENERE . . .

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg
’n Autobiografie:

Op die stoep waar Johannes nou se dae baie tyd deurbring – somertyd in die koelte, winters in die skraal sonnetjie, soggens met Boeretroos, later met ’n Bolandse versnapering – wonder hy wat hy wys geword het by die karakters wat die afgelope sewe dekades sy pad gekruis het. Hy onthou net dié wat direk of in die verbygaan ’n spoor gelaat het. Mooi en lelik, ryk en arm, eerlik en skelm, almal slim, want by dommes leer ’n mens niks.
Johannes se storie is by uitstek bedoel vir sy familie en spesiale vriende, ’n private relaas. ’n Klein stukkie van Suid-Afrika se geskiedenis oor die laaste helfte van die twintigste eeu.

Bestellings:
Johannes Hamman
johannes@hamman.co.za

Flippie, the fabulous dog

Cover Design and Layout by Stella Stofberg
A charming and heart warming true story about an abandoned and starving puppy that will not only captivate young minds but hopefully also teach them compassion.
Ages 3-8

Orders:
Vivienne de Vos
082 534 7528
boffin@telkomsa.net

Tuesday 7 January 2014

WELTEVREDE deur LOURENS JONKER

In Desember het ons die voorreg gehad om dié besondere outobiografie van Lourens Jonker te publiseer:

Lourens Jonker is op 10 Julie 1939 op die familiewynplaas, Weltevrede, naby Bonnievale gebore. Hy gaan skool in Bonnievale en matrikuleer in 1956 aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Daarna volg ‘n loopbaan as vlieënier in die SA Lugmag, tot hy in 1984 as kommandant en bevelvoerder van 110 Eskader uittree.
In 1961 verwerf Lourens die graad BScAgric aan die Universiteit Stellenbosch. Ná ‘n jaarlange studietoer in Kalifornië en Europa sluit hy as wynboer aan by sy pa, Japie Jonker, op Weltevrede.
In 1963 is hy getroud met Annamarie Olivier. Twee dogters en twee seuns is uit die huwelik gebore.
In 1975 registreer hy Weltevrede as die eerste landgoed in die Breëriviervallei waar wyn gebottel en direk aan die publiek verkoop word.
In 1981 word Lourens verkies as direkteur van die KWV en dien van 1994 tot 2003 as voorsitter van die direksie. Hy dien ook op direksies van openbare maatskappye soos Absa Groep en Naspers.
In 2012 is die 100-jarige bestaan van Weltevrede as familieplaas gedenk en 2013 is Lourens en Annamarie se 50ste huweliksjaar. Hierdie twee mylpale vier hy met die publikasie van sy outobiografie.

Belangstellendes kan navrae doen by

Weltevrede: Tel. 023 616 2141"

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg