Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Tuesday 7 January 2014

WELTEVREDE deur LOURENS JONKER

In Desember het ons die voorreg gehad om dié besondere outobiografie van Lourens Jonker te publiseer:

Lourens Jonker is op 10 Julie 1939 op die familiewynplaas, Weltevrede, naby Bonnievale gebore. Hy gaan skool in Bonnievale en matrikuleer in 1956 aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Daarna volg ‘n loopbaan as vlieënier in die SA Lugmag, tot hy in 1984 as kommandant en bevelvoerder van 110 Eskader uittree.
In 1961 verwerf Lourens die graad BScAgric aan die Universiteit Stellenbosch. Ná ‘n jaarlange studietoer in Kalifornië en Europa sluit hy as wynboer aan by sy pa, Japie Jonker, op Weltevrede.
In 1963 is hy getroud met Annamarie Olivier. Twee dogters en twee seuns is uit die huwelik gebore.
In 1975 registreer hy Weltevrede as die eerste landgoed in die Breëriviervallei waar wyn gebottel en direk aan die publiek verkoop word.
In 1981 word Lourens verkies as direkteur van die KWV en dien van 1994 tot 2003 as voorsitter van die direksie. Hy dien ook op direksies van openbare maatskappye soos Absa Groep en Naspers.
In 2012 is die 100-jarige bestaan van Weltevrede as familieplaas gedenk en 2013 is Lourens en Annamarie se 50ste huweliksjaar. Hierdie twee mylpale vier hy met die publikasie van sy outobiografie.

Belangstellendes kan navrae doen by

Weltevrede: Tel. 023 616 2141"

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg