Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Wednesday 18 February 2015

GOD EN DIE GAY-DING

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg
God en die gay-ding . . . Catchy titel het ek gedink toe ek dit die eerste keer lees. En nie veel verwag nie, want die mark is oorvol van boeke oor gays. Totdat ek begin lees het . . . Hier is ’n boek wat nie weer die wiel van vooraf ontwerp nie, maar die belangrikste issues oor gay wees word aangeraak.
Wat belangrik is, is dat veral die ouers van gays hierdie boek met groot vrug kan lees om hul kind se situasie beter te verstaan. ’n Winspunt is ook dat daar duidelike riglyne gestel word vir die gay persoon: die Bybelse beginsels wat geld vir heteroseksuele mense geld ook vir gays.
’n Boek met Bybelse perspektiewe, maar geensins moralisties en veroordelend nie. Geen vasval in swaar eties-teologiese dogmas nie, maar ’n sagte, menslike aanslag.

Dr. Wollie Grobler, predikant by die NG Gemeente Noord, die Klipkerk in Bloemfontein, waar ’n groot aantal gay mense ’n geestelike tuiste gevind het.

Vir enige bestellings, e-pos aan: anton@pincnoize.co.za
webtuiste: www.fullfamilyministries.co.za


God en die gay-ding is ook in Engels beskikbaar: GOD AND THE GAY ISSUE



Cover Design and Layout by Stella Stofberg