Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Thursday, 5 December 2024

 VAN TOEKA TOT NOU

Rita Viljoen


Rita, die oudste van vyf kinders, is op 19 Augustus 1929 by haar oumagrootjie op die plaas, Manana, naby Lichtenburg gebore. Ou­magrootjie was ’n vroedvrou en het self die bevalling waargeneem.

Ná skool gaan studeer sy onderwys aan die destydse Normaal Kollege in Pretoria. Terwyl sy gedurende die Desembervakansie by haar ouers in Nylstroom kuier, ontmoet sy vir Alfonso Viljoen, ’n landmeter wat daar met opmetingswerk besig was. 

Hulle is later getroud en vir die grootste deel van haar volwasse lewe het hulle in Tsumeb, Namibië gewoon, waar hulle vier seuns grootgeword en skoolgegaan het. 

Ná Alfonso se aftrede kom hulle terug na die Republiek en koop ’n huis in Moorreesburg, waar hy ná etlike jare oorlede is. Sy bly ’n hele paar jaar lank alleen in die groot huis daar, tot sy eindelik weer teruggaan na Namibië om by haar jongste seun, Philip, in Swakopmund te gaan woon. 

“Ek het hierdie brokkies uit my lewensreis neergepen ten einde dit aan my kinders, kleinkinders en agterkleinkinders na te laat. Miskien vind hulle dit interessant hoe ons toeka se dae gelewe het, en dalk is daar iets te leer uit my ondervindings,” sê Rita.






No comments:

Post a Comment