Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Monday, 2 December 2013

Skoolhou is nie vir Sissies nie.

Vir een en almal wat al skoolgehou, skoogegaan en wat kinders op skool het is hierdie boek deur oud-onderwyseres Henriette Fowler 'n openbaring!

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Bestel direk van Henriette Fowler by:
malanf@telkomsa.net
049 8925932 of 0828018367

5-Card Majors

Tucki Bassingthwaighte has written a must-have Bridge book for ever Bridge enthusiast. Very practical and with interesting background information.

Cover Design and Layout by Stella Stofberg

Order your book directly from Tucki.
Contact Tucki:
bassingthwaighte16@hermanus.co.za
072 320 1869

Tuesday, 29 October 2013

Debuut digbundel

Veels geluk aan Elsie Weber met haar debuut digbundel Liefdesgeskenk - gedigte uit die hart van ’n moeder. 
Haar boek kan bestel word by:
Elsie Weber
weberelsie2@gmail.com

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Monday, 22 July 2013

Die proses van selfpublikasie

Proses van selfpublisering in samewerking met Erfenis Publikasies.

Redigering
Redigering van manuskrip.
Tydsduur ± 3 weke na aanvang van ooreenkoms waarna die skrywer die manuskrip terug ontvang vir herskryf, waar nodig, en die aanbring van korreksies.

Uitleg
Uitleg van manuskrip en regstelling van elektroniese foute.
Tydsduur ongeveer 2 – 3 weke, waarna ’n PDF dokument aan die skrywer gestuur sal word vir die skrywer se goedkeuring.
Indien veranderinge aangebring moet word, moet die skrywer ’n kopie laat druk en skriftelike veranderinge aan die uitleg uit wys.
’n Kopie moet aan Erfenis Publikasies oorhandig/gestuur word met duidelike, skriftelike instruksies vir korreksies wat aangebring moet word vir die finale uitleg.
Enige verandering/e wat die uitleg ná die finale uitleg sal beïnvloed sal addisionele kostes meebring.
Finale korreksies, wat nie die uitleg beïnvloed nie, sal na proeflesing aangebring word.

Uitleg van manuskrip met grafiese materiaal: koste sal bereken word na aanleiding van die hoeveelheid werk wat gedoen moet word.
Foto’s en/of sketse moet deur die skrywer voorsien word.
Indien Erfenis Publikasies behulpsaam moet wees met die verkryging van grafiese materiaal, en/of werk moet doen om foto’s gereed te maak vir gebruik daarvan sal dit addisionele koste meebring.

Proeflees
Tydsduur ± 2 weke (insluitend die aanbring van finale korreksies).

Omslag ontwerp
Die skrywer kan met die grafiese kunstenaar in gesprek tree oor die ontwerp van die omslag. Hy/sy kan ook grafiese materiaal voorsien vir die ontwerp van die omslag.
Daarna sal die ontwerper 5 voorstelle vir die ontwerp aan die skrywer voorlê vir bespreking. Hierop sal die ontwerper ’n verdere 3 voorstelle voorlê met die oog op die keuse vir die finale ontwerp van die omslag.
Die skrywer moet die finale keuse vir die omslag skriftelik goedkeur.
Tydsduur ± 2 weke.

Die finale uitleg met omslag moet gedruk word in boekvorm – die koste hiervan is vir die skrywer – en daarna moet die boek weer geproeflees word vir finale korreksies.

Druk van boek
'n Eerste kwotasie sal aangevra word om die skrywer 'n aanduiding van die kostes te gee.
Kwotasies sal aangevra word wanneer die finale uitleg gedoen is, en sal skriftelik aan die skrywer voorgelê word, waarna die skrywer skriftelik opdrag moet gee vir die hoeveelheid boeke wat gedruk moet word.

’n Skriftelike kwotasie vir al die werk sal deur Erfenis Publikasies aan die skrywer gestuur word na ontvangs van die manuskrip.

Nuwe publikasie: die Camino: churros en chirurgie

Veels geluk aan Willem Malherbe met sy debuut "die Camino: churros en chirurgie"! Dit is ’n lieflike reis"dagboek" met volkleur foto's oor sy en sy vrou, Hildegard se ervaringe gedurende hulle Camino-staptog in beide Frankryk en Spanje. Die boek bevat pittige staaltjies en waardevolle inligting vir enigiemand wat in die Camino belangstel. 
Kontak vir Willem by wpm@isales.co.za

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Tuesday, 18 June 2013

The Wedding and other short stories

Francois Marais is known throughout the world as speaker, compère and guest lecturer. This book, The Wedding and Other Short Stories, is a collection of some of the amusing anecdotes for which he has become famous.

Cover Design and Layout by Stella Stofberg
Order from Francois Marais:


(028) 313 1317   (082) 701 7812

Rondomtalie vergetelheid

Veels geluk aan Ria Bekker met haar debuut Ronomtalie vergetelheid. Dit is 'n roerende ware verhaal oor 'n lewe met Alzheimer.

"Alzheimer is 'n doodloopstraat na hoop, geen uitkoms na 'n liggewende aardse lewe nie, maar 'n besliste uitkoms in die hemel."

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Hierdie boek getuig van baie vreugde, hartseer en 'n onwrikbare geloof in God Drie-enig. 'n Boek wat jy dié jaar moet lees. Bestel by die skrywer self: 073 760 3194 of 054-332 3168.

Dagstukkies vir Februarie

Vir sy 50ste verjaarsdag het Naude Pienaar Dagstukkies vir Februare laat druk om vir sy vriende en familie te gee. Dit is 'n pragtige volkleur boek me inspirerende boodskappies.

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Bestel by Naude Pienaar:
Sel: 0827768283

The Funny Book

The Coats family's Funny Book is a love collection of children's sayings and beautifully illustrated by Arthur Herbert.

Cover Design and Layout by Stella Stofberg
Order from Peter Coates:
Tel: 021 448 1040

Wednesday, 19 December 2012

Bekendstelling van "Die helmet is 'n dubbeldoor" deur Tex de Swardt

Gisteraand was die bekendstelling van Tex de Swardt se boek "Die helmet is 'n dubbeldoor" en 'n rekord hoeveelheid boeke is verkoop nadat Tex ons vermaak het met genotlike vertellings uit stories in sy boek. Veels geluk Tex en dankie ook aan Pieter Hurter vir sy mees gepaste bekendstellingstoespraak waaruit ek die volgende aanhaal:
"Ons leef in die era van die massa: massamens, massawinkels (dis nie meer supermarkte nie, maar hipermarkte) en massakommunikasie. Alles is meer en groter, hoewel nie noodwendig beter nie. Ten hierdie agtergrond het 'n P van Wyk Louw reeds sewentig jaar gelede gepraat van die aristokratiese ideaal. Dit is die geloof aan ewige goedere, die verantwoordelikheid teenoor 'n mens self en die handhawing van waardes, onafhanklik van die goed of afkeuring daarvan. Slegs as ons hierdie beginsels najaag, kan daar sin in ons bestaan wees en is daar erfgoedere om vir die nageslag deur te gee. Ons is dit aan ons nageslag verskuldig om ook geestesgoedere as erfgoedere na te laat.

Dit is waar Tex se boekie ook as 'n stukkie erfgoed en kultuurgoed sy plek in ons volksliteratuur verdien. Dit is nie maar net 'n versameling herinneringe wat in storie-vorm geboekstaaf is nie, dit is vertellings uit die hart. Die is nie ligsinnige sentiment nie, maar plek-plek spreek die universele mens tot ons. Dan is dit meer as vertellings, dit word kultuurgoed wat ons kan deurgee en sê: 'so het ons geslag en die vorige geslag geleef'."

Op die foto is Tex de Swardt en sy vrou, Luna by dié gesellige geleentheid.

Thursday, 6 December 2012

"Die helmet is 'n dubbeldoor en ander sketse" deur Tex de Swardt

Uitleg deur Stella Stofberg


Tex de Swart se langverwagte "Die helmet is 'n dubbeldoor en ander sketse" is nou beskikbaar!

Tex toon met hierdie debuutbundel dat hy in sy eie woorde “net maar ’n strorieverteller is wat op aandrang van sy vriende, familie en kinders sy stories begin opskryf het”.
Die bundel is ’n collage van lekkerlees stories vol nostalgie en emmersvol humor. Stories so uiteenlopend soos Tex se luisteraars om die vuur of om die tafel na ete. Plaasstories, liegstories, skoolstories en ook stories vol weemoed wat die leser sal terugvoer na eie onthoutye.
Die sketse loop ’n lang pad vanaf Muiskraal met sy unieke mense: oom Pieter met sy patathoop, oom Strydom die perdesmous, die Nat-mense en die Sappe, en die periodieke konfrontasies met die “pilots” van Sy Majesteit wat gedurende die tweede wêreldoorlog gereeld oor Muiskraal gevlieg het. Ons leer Mias Boks, sy vriend Knappie, oom Frikkie Rust en meneer Jooste met hulle eienaardighede ken, en met die byvoeg van Koos Meyer vertel hy van hierdie karakter se streke waarvan tot nou toe nog nie gehoor is nie.
Hierdie is ’n bundel vertelstories wat baie aande kort gemaak het, en waarvan Kerneels Breytenbach gesê het: “Tex skryf soos hy praat.”

Bestel “Die helmet is ’n dubbeldoor en ander sketse” by tex@hermanus.co.za

Saturday, 27 October 2012

"Vir Volk en Vaderland" deur M.C. Botha


Hierdie is M.C. Botha se 13de boek en hy het besluit om dit ’n gelukkige een te maak, met ander woorde ’n boek waarin die klem eerstens op vermaak val en die aanslag eerder lig as swaar is. Hou die wroeginge van hart, siel en gees vir ’n ander dag.

Nou gaan ons eers feesvier. Soos die Baardskeerdersbosorkes uitroep: “Gooi los!”

Bestel “Vir Volk en Vaderland” by info@mcbotha.com

"Gesalms van Dawid" deur Dawie Vorster

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


Dr. Dawie Vorster was in sy vorige lewe 'n skoolhoof in Durban. Hy is tans afgetree en woon in Onrusrivier, naby Hermanus. Hy hou hom besig met die versameling van penne, (waarvan daar 392 teen die muur vertoon word) en die skryf van limerieke en liedjies. Daar het reeds ses skoolliede uit sy pen verskyn en hulle word steeds met trots gesing.

Bestel Dawie se luimige limerieke "Gesalms van Dawid" by  idlid@telkomsa.net

"Bethesda kronieke en ander anekdotes" deur Victor Dercksen

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


Victor Dercksen is ’n boorling van die Karoo, waaroor hy passievol is. Hy matrikuleer aan die Fraserburg Hoërskool, waarna hy prokureursklerk word – eers in Fraserburg, daarna in Kaapstad. Terselfdertyd voltooi hy die voorgeskrewe prokureurseksamens. Hy voltooi sy regstudies aan die universiteite van Stellenbosch en Oranje Vrystaat.
Belangstelling in politiek en geskiedenis het gelei tot ’n meestersgraad in Afrika-politiek, deur Unisa, en 'n doktoraal in Staatsleer aan die universiteit van Port Elizabeth. Victor Dercksen was deurentyd deeltydse veeboer en boer voltyds sedert hy uitgetree het as praktiserende prokureur. Met die bereiking van die mylpaal van 50 jaar in die beroep het hy ’n toekenning van die Kaapse Prokureursorde ontvang vir organisatoriese bydrae tot die professie.
Hy het ’n ongeneeslike rustelose, ondersoekende lewensstyl en ’n onversadigbare leeslus. 
Victor Dercksen is getroud, hy het 4 kinders en 7 kleinkinders. 

Bestel “Nieu Bethesda en ander anekdotes” by drvdercksen@gmail.com

"Woordkarosse" deur Hetta Hager


Woordkarosse deur Hetta Hager

Hetta Hager is gebore en het grootgeword langs die Oranjerivier, naby Kakamas. Met Woordkarosse deel sy die diepgekoesterde liefde vir haar grootwordwêreld en vir die beeldryke Afrikaans van die Benede-Oranje en Griekwaland-Wes, waar sy nou woon. Hierdie oud-joernalis, -onderwyser en -museumkurator is steeds skrywer en dialektoloog.
In Woordkarosse betower Hetta Hager met die suiwer poësie van haar “annerlike Afrikaans”. Van die dialek waarin sy skryf, het Fonnie du Plooy gesê: “Dis soos ‘n nuwe taal,” en Johan Combrink: “Dis ‘n skatryk juweelkleim vol nuwe blink Afrikaanse taalklippies.”

Bestel Woordkarosse by Hetta Hager – 27822194179@vodamail.co.za


"Babanango" deur Oswaldina Eleonor Claassens


"E.C. Steijn - 'n Aristokraat van gees"