In Desember het ons die
voorreg gehad om dié besondere outobiografie van Lourens Jonker te publiseer:
Lourens Jonker is op 10 Julie
1939 op die familiewynplaas, Weltevrede, naby Bonnievale gebore. Hy gaan skool
in Bonnievale en matrikuleer in 1956 aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in
Kaapstad. Daarna volg ‘n loopbaan as vlieënier in die SA Lugmag, tot hy in 1984
as kommandant en bevelvoerder van 110 Eskader uittree.
In 1961 verwerf Lourens die
graad BScAgric aan die Universiteit Stellenbosch. Ná ‘n jaarlange studietoer in
Kalifornië en Europa sluit hy as wynboer aan by sy pa, Japie Jonker, op
Weltevrede.
In 1963 is hy getroud met
Annamarie Olivier. Twee dogters en twee seuns is uit die huwelik gebore.
In 1975 registreer hy Weltevrede
as die eerste landgoed in die Breëriviervallei waar wyn gebottel en direk aan
die publiek verkoop word.
In 1981 word Lourens verkies as
direkteur van die KWV en dien van 1994 tot 2003 as voorsitter van die direksie.
Hy dien ook op direksies van openbare maatskappye soos Absa Groep en Naspers.
In 2012 is die 100-jarige
bestaan van Weltevrede as familieplaas gedenk en 2013 is Lourens en Annamarie se
50ste huweliksjaar. Hierdie twee mylpale vier hy met die publikasie van sy
outobiografie.
Belangstellendes kan navrae
doen by
Weltevrede: Tel. 023 616
2141"
Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg