Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Monday 2 December 2013

Skoolhou is nie vir Sissies nie.

Vir een en almal wat al skoolgehou, skoogegaan en wat kinders op skool het is hierdie boek deur oud-onderwyseres Henriette Fowler 'n openbaring!

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Bestel direk van Henriette Fowler by:
malanf@telkomsa.net
049 8925932 of 0828018367

5-Card Majors

Tucki Bassingthwaighte has written a must-have Bridge book for ever Bridge enthusiast. Very practical and with interesting background information.

Cover Design and Layout by Stella Stofberg

Order your book directly from Tucki.
Contact Tucki:
bassingthwaighte16@hermanus.co.za
072 320 1869

Tuesday 29 October 2013

Debuut digbundel

Veels geluk aan Elsie Weber met haar debuut digbundel Liefdesgeskenk - gedigte uit die hart van ’n moeder. 
Haar boek kan bestel word by:
Elsie Weber
weberelsie2@gmail.com

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Monday 22 July 2013

Die proses van selfpublikasie

Proses van selfpublisering in samewerking met Erfenis Publikasies.

Redigering
Redigering van manuskrip.
Tydsduur ± 3 weke na aanvang van ooreenkoms waarna die skrywer die manuskrip terug ontvang vir herskryf, waar nodig, en die aanbring van korreksies.

Uitleg
Uitleg van manuskrip en regstelling van elektroniese foute.
Tydsduur ongeveer 2 – 3 weke, waarna ’n PDF dokument aan die skrywer gestuur sal word vir die skrywer se goedkeuring.
Indien veranderinge aangebring moet word, moet die skrywer ’n kopie laat druk en skriftelike veranderinge aan die uitleg uit wys.
’n Kopie moet aan Erfenis Publikasies oorhandig/gestuur word met duidelike, skriftelike instruksies vir korreksies wat aangebring moet word vir die finale uitleg.
Enige verandering/e wat die uitleg ná die finale uitleg sal beïnvloed sal addisionele kostes meebring.
Finale korreksies, wat nie die uitleg beïnvloed nie, sal na proeflesing aangebring word.

Uitleg van manuskrip met grafiese materiaal: koste sal bereken word na aanleiding van die hoeveelheid werk wat gedoen moet word.
Foto’s en/of sketse moet deur die skrywer voorsien word.
Indien Erfenis Publikasies behulpsaam moet wees met die verkryging van grafiese materiaal, en/of werk moet doen om foto’s gereed te maak vir gebruik daarvan sal dit addisionele koste meebring.

Proeflees
Tydsduur ± 2 weke (insluitend die aanbring van finale korreksies).

Omslag ontwerp
Die skrywer kan met die grafiese kunstenaar in gesprek tree oor die ontwerp van die omslag. Hy/sy kan ook grafiese materiaal voorsien vir die ontwerp van die omslag.
Daarna sal die ontwerper 5 voorstelle vir die ontwerp aan die skrywer voorlê vir bespreking. Hierop sal die ontwerper ’n verdere 3 voorstelle voorlê met die oog op die keuse vir die finale ontwerp van die omslag.
Die skrywer moet die finale keuse vir die omslag skriftelik goedkeur.
Tydsduur ± 2 weke.

Die finale uitleg met omslag moet gedruk word in boekvorm – die koste hiervan is vir die skrywer – en daarna moet die boek weer geproeflees word vir finale korreksies.

Druk van boek
'n Eerste kwotasie sal aangevra word om die skrywer 'n aanduiding van die kostes te gee.
Kwotasies sal aangevra word wanneer die finale uitleg gedoen is, en sal skriftelik aan die skrywer voorgelê word, waarna die skrywer skriftelik opdrag moet gee vir die hoeveelheid boeke wat gedruk moet word.

’n Skriftelike kwotasie vir al die werk sal deur Erfenis Publikasies aan die skrywer gestuur word na ontvangs van die manuskrip.

Nuwe publikasie: die Camino: churros en chirurgie

Veels geluk aan Willem Malherbe met sy debuut "die Camino: churros en chirurgie"! Dit is ’n lieflike reis"dagboek" met volkleur foto's oor sy en sy vrou, Hildegard se ervaringe gedurende hulle Camino-staptog in beide Frankryk en Spanje. Die boek bevat pittige staaltjies en waardevolle inligting vir enigiemand wat in die Camino belangstel. 
Kontak vir Willem by wpm@isales.co.za

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Tuesday 18 June 2013

The Wedding and other short stories

Francois Marais is known throughout the world as speaker, compère and guest lecturer. This book, The Wedding and Other Short Stories, is a collection of some of the amusing anecdotes for which he has become famous.

Cover Design and Layout by Stella Stofberg
Order from Francois Marais:


(028) 313 1317   (082) 701 7812

Rondomtalie vergetelheid

Veels geluk aan Ria Bekker met haar debuut Ronomtalie vergetelheid. Dit is 'n roerende ware verhaal oor 'n lewe met Alzheimer.

"Alzheimer is 'n doodloopstraat na hoop, geen uitkoms na 'n liggewende aardse lewe nie, maar 'n besliste uitkoms in die hemel."

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Hierdie boek getuig van baie vreugde, hartseer en 'n onwrikbare geloof in God Drie-enig. 'n Boek wat jy dié jaar moet lees. Bestel by die skrywer self: 073 760 3194 of 054-332 3168.

Dagstukkies vir Februarie

Vir sy 50ste verjaarsdag het Naude Pienaar Dagstukkies vir Februare laat druk om vir sy vriende en familie te gee. Dit is 'n pragtige volkleur boek me inspirerende boodskappies.

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

Bestel by Naude Pienaar:
Sel: 0827768283

The Funny Book

The Coats family's Funny Book is a love collection of children's sayings and beautifully illustrated by Arthur Herbert.

Cover Design and Layout by Stella Stofberg
Order from Peter Coates:
Tel: 021 448 1040