Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Monday 8 October 2018

IN DIE KOELTE VAN EERGISTER


Uitleg en omslagontwerp deur Stella Stofberg
In In die koelte van eergister ontmoet jy gewone mense én belangrike mense: almal skrywers aan die Overbergse geskiedenis van die Fick-familie.
Daar is ant Gesie, ʼn ystervrou wat die herhaalde slae van die lewe moes hanteer, daar’s die versiende landbouleier wat nogtans die nuwerwetse “traktor”-gedoente nie vertrou nie; ontmoet die geniale maar onvervulde Fieksen wie se lewensverhaal tragies eindig en ant Kootjie Padkos wat allerhande spronge maak om swangerskap te vermy. Vind uit waar die Bekke, die Kantientjies en die Sterrekykers hul byname gekry het.
Volg saam die Fick-familielyne deur 220 jaar in die Overberg – van Caledon tot Napier – asook hul verbintenisse met ander bekende families in die eens afgesonderde gebied “over het gebergte”. En alles het begin by een man, Antonij Ficq, wat in die vroeë 1700’s met ʼn klein skippie uit Europa sy heil kom soek het op die Afrika vasteland.
Hierdie is ʼn breedvoerige verslag oor hoe grond deur eeue aan familie­name gekoppel gebly het wat vir die eerste keer op rekord geplaas word. In ʼn tyd waar familietradisie afgewater word, is hierdie boek ʼn kosbare stuk nalatenskap vir enige nasaat om op te pas.

BESTELLINGS:

Sel: 083 255 2666