Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Wednesday 21 October 2015

EK IS NOG HIER / I AM STILL HERE



Wie sou kon glo dat uit so ’n grusame ongeluk soveel lewensvreugde, wysheid en insig, motivering en inspirasie kan voortspruit? Om in hierdie boek saam met Irene die pad te loop na ’n heel nuwe lewe behoort vir ’n ieder en elk ’n dieper begrip van die woord deursettingsvermoë te gee.

Anita Roddick sê: “Be courageous. It’s one of the only places left uncrowded.” Hoe waar is hierdie woorde nie? Voor Irene se on­geluk het ek altyd geweet dat min mense haar deursettingsvermoë het. Ná haar ongeluk weet ek daar is selfs nog minder.
Rian van Heerden

Irene Fischer was ’n radio-omroeper in die Vrystaat toe sy in 2009 ’n traumatiese breinbesering in ’n motorongeluk opgedoen het. Dit het haar as ’n hemipleeg met ’n spraakgebrek gelaat. Vandag is sy ’n menseregte aktivis met ’n spesiale fokus op persone met gestremdhede.

Besoek Irene se webtuiste by www.irenefischer.co.za om navrae oor haar boek te doen of as jy haar wil bespreek vir ’n motiveringspraatjie.


 English Translation

Who would have believed that so much zest for life, such wisdom and insight, motivation and inspiration could emanate from a horrific car accident? Following Irene’s journey to a whole new life should give everyone who reads this book a deeper understanding of the word perseverance.

Anita Roddick says: “Be courageous. It’s one of the only places left uncrowded.” How true these words are. Even before Irene’s accident I knew there were few people with her powers of perseverance. Now, after the accident, I know there are even less.
Rian van Heerden

Irene Fischer was a radio personality who, in 2009, sustained a traumatic brain injury in a motor car accident. This left her a hemiplegic with a speech defect. Today she sees herself as a human rights activist with particular focus on people with handicaps.

Visit Irene’s website at www.irenefischer.co.za for enquiries about her book or to book her for a motivational talk.


Thursday 15 October 2015

GEITJIEVOET EN HONDEBAL

Omslagontwerp deur Stella Stofberg

Geitjievoet en Hondebal is Nellie Alberts se debuutbundel kontreistories. Leer ken karakters uit die Noordweste – eiesoortige mense uit die Hantam, Roggeveld, Boesmanland en Tankwa Karoo; mense uit een stuk, sout van die aarde. Ontmoet oom Jiems wat sy seuns met suurklontjies vergoed; Dapie wat die Ingelse stryd moet stry en Calvinia se stylvolle Jackie Onassis. Daar’s reënstories en droogtestories; biduurstories; skoustories . . . en ’n onvergeetlike storie oor ’n as sonder ghries!
Die meeste stories is op die waarheid baseer; hier en daar is stukkies byborduur of bygelieg. Die leser mag karakters herken, al is die name meestal verander – hulle woon nog hier rond of het dalk reeds verhuis na daardie Groot K’roovlakte waar die opslag altyd blom.

Oor die skrywer:
As gebore kind van die Noordweste, het Nellie Alberts grootgeword op bokmelk en skaap­kaiings. Sy woon in haar hartland, naby Calvinia op ’n plaas. Sy skryf ook kinderstories waarvan ’n paar gepubliseer is in Middernag en ander spokerige stories (H&R), en in ViaAfrika se skoolleesboeke vir junior hoërskoolleerders. Sy het lank skoolgehou, nog langer ’n naaldwerkwinkel bedryf en deesdae doen sy manuskripontwikkeling, proeflees- en redigeerwerk wanneer sy nie kwilt, skryf of tuinmaak tussen die kaal klippe nie.
Ware ‘karakters’ is aan die uitsterf, mense het kleurloos geword, maar hierdie harde droë wêreld van die Noord-Kaap vorm karakter sodat hier baie besonderse mense is, dié soort mens wat nog nie voor die vaalheid van polities en humanisties korrekte voorskrifte geswig het nie, maar sonder skroom hul eie ding doen. Oor hier­die mense skryf sy, die onbesonge karakters van die vlaktes – voor hulle finaal uitsterf.




Bestel GEITJIEVOET EN HONDEBAL by:
Nellie Alberts