VERSORGING VAN 'N MANUSKRIP
VOORDAT DIT NA 'N UITGEWER
GESTUUR WORD:
- ’n Manuskrip moet deur die skrywer deeglik
nagegaan word vir spel- en grammatikafoute voordat dit ingestuur word.
- Moet nie probeer om die manuskrip self uit te lê
nie.
- Toon slegs nuwe hoofstukke, paragraafbreuke en
wit spasies tussen paragrawe, waar nodig, aan.
- Die finale manuskrip word gelewer in ’n Word
dokument met enkelspasiëring in Arial of Times New Roman, 12pt., en links
“aligned”.
- Grafika en/of foto’s: Dui in die manuskrip aan
waar ’n spesifieke foto/grafika geplaas moet word en hoe groot dit moet
wees (bv. klein, medium, halfblad, volblad, ens.).
- Grafika en foto’s moet in hoë resolusie en van 1
af genommer wees.
- Byskrifte moet in ’n aparte Word dokument gestuur
word en genommer ooreenkomstig met die grafika en foto’s.
Kontak vir
Stella Stofberg vir meer inligting: stofbergstella@gmail.com
No comments:
Post a Comment