DEWETSBAAI
Willem Malherbe
De Wetsbaai is ’n klein strandjie naby Kleinmond in die Wes-Kaap. In 1925 het vier neefs – twee Albertyn-broers en twee Lückhoff-broers – vier morg grond om die strandjie van John Walsh gekoop. Dit was die begin van ’n familie-vakansieplek wat nou al byna honderd jaar as ’n kleinood bewaar word. Hierdie boek vertel die verhaal van die familie en hoe De Wetsbaai behoue gebly het terwyl Bettysbaai daar rondom ontwikkel en gegroei het.
Die boonste foto wys die uitsig oor De Wetsbaai van een van die huise se stoep af met Hawston in die verte. Die rooidisa groei in die klowe van die Kogelberg.
No comments:
Post a Comment