Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Saturday 27 October 2012

"Vir Volk en Vaderland" deur M.C. Botha


Hierdie is M.C. Botha se 13de boek en hy het besluit om dit ’n gelukkige een te maak, met ander woorde ’n boek waarin die klem eerstens op vermaak val en die aanslag eerder lig as swaar is. Hou die wroeginge van hart, siel en gees vir ’n ander dag.

Nou gaan ons eers feesvier. Soos die Baardskeerdersbosorkes uitroep: “Gooi los!”

Bestel “Vir Volk en Vaderland” by info@mcbotha.com

"Gesalms van Dawid" deur Dawie Vorster

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


Dr. Dawie Vorster was in sy vorige lewe 'n skoolhoof in Durban. Hy is tans afgetree en woon in Onrusrivier, naby Hermanus. Hy hou hom besig met die versameling van penne, (waarvan daar 392 teen die muur vertoon word) en die skryf van limerieke en liedjies. Daar het reeds ses skoolliede uit sy pen verskyn en hulle word steeds met trots gesing.

Bestel Dawie se luimige limerieke "Gesalms van Dawid" by  idlid@telkomsa.net

"Bethesda kronieke en ander anekdotes" deur Victor Dercksen

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


Victor Dercksen is ’n boorling van die Karoo, waaroor hy passievol is. Hy matrikuleer aan die Fraserburg Hoërskool, waarna hy prokureursklerk word – eers in Fraserburg, daarna in Kaapstad. Terselfdertyd voltooi hy die voorgeskrewe prokureurseksamens. Hy voltooi sy regstudies aan die universiteite van Stellenbosch en Oranje Vrystaat.
Belangstelling in politiek en geskiedenis het gelei tot ’n meestersgraad in Afrika-politiek, deur Unisa, en 'n doktoraal in Staatsleer aan die universiteit van Port Elizabeth. Victor Dercksen was deurentyd deeltydse veeboer en boer voltyds sedert hy uitgetree het as praktiserende prokureur. Met die bereiking van die mylpaal van 50 jaar in die beroep het hy ’n toekenning van die Kaapse Prokureursorde ontvang vir organisatoriese bydrae tot die professie.
Hy het ’n ongeneeslike rustelose, ondersoekende lewensstyl en ’n onversadigbare leeslus. 
Victor Dercksen is getroud, hy het 4 kinders en 7 kleinkinders. 

Bestel “Nieu Bethesda en ander anekdotes” by drvdercksen@gmail.com

"Woordkarosse" deur Hetta Hager


Woordkarosse deur Hetta Hager

Hetta Hager is gebore en het grootgeword langs die Oranjerivier, naby Kakamas. Met Woordkarosse deel sy die diepgekoesterde liefde vir haar grootwordwêreld en vir die beeldryke Afrikaans van die Benede-Oranje en Griekwaland-Wes, waar sy nou woon. Hierdie oud-joernalis, -onderwyser en -museumkurator is steeds skrywer en dialektoloog.
In Woordkarosse betower Hetta Hager met die suiwer poësie van haar “annerlike Afrikaans”. Van die dialek waarin sy skryf, het Fonnie du Plooy gesê: “Dis soos ‘n nuwe taal,” en Johan Combrink: “Dis ‘n skatryk juweelkleim vol nuwe blink Afrikaanse taalklippies.”

Bestel Woordkarosse by Hetta Hager – 27822194179@vodamail.co.za


"Babanango" deur Oswaldina Eleonor Claassens


"E.C. Steijn - 'n Aristokraat van gees"