Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Saturday 27 October 2012

"Bethesda kronieke en ander anekdotes" deur Victor Dercksen

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


Victor Dercksen is ’n boorling van die Karoo, waaroor hy passievol is. Hy matrikuleer aan die Fraserburg HoĆ«rskool, waarna hy prokureursklerk word – eers in Fraserburg, daarna in Kaapstad. Terselfdertyd voltooi hy die voorgeskrewe prokureurseksamens. Hy voltooi sy regstudies aan die universiteite van Stellenbosch en Oranje Vrystaat.
Belangstelling in politiek en geskiedenis het gelei tot ’n meestersgraad in Afrika-politiek, deur Unisa, en 'n doktoraal in Staatsleer aan die universiteit van Port Elizabeth. Victor Dercksen was deurentyd deeltydse veeboer en boer voltyds sedert hy uitgetree het as praktiserende prokureur. Met die bereiking van die mylpaal van 50 jaar in die beroep het hy ’n toekenning van die Kaapse Prokureursorde ontvang vir organisatoriese bydrae tot die professie.
Hy het ’n ongeneeslike rustelose, ondersoekende lewensstyl en ’n onversadigbare leeslus. 
Victor Dercksen is getroud, hy het 4 kinders en 7 kleinkinders. 

Bestel “Nieu Bethesda en ander anekdotes” by drvdercksen@gmail.com

No comments:

Post a Comment