Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Thursday 15 October 2015

GEITJIEVOET EN HONDEBAL

Omslagontwerp deur Stella Stofberg

Geitjievoet en Hondebal is Nellie Alberts se debuutbundel kontreistories. Leer ken karakters uit die Noordweste – eiesoortige mense uit die Hantam, Roggeveld, Boesmanland en Tankwa Karoo; mense uit een stuk, sout van die aarde. Ontmoet oom Jiems wat sy seuns met suurklontjies vergoed; Dapie wat die Ingelse stryd moet stry en Calvinia se stylvolle Jackie Onassis. Daar’s reënstories en droogtestories; biduurstories; skoustories . . . en ’n onvergeetlike storie oor ’n as sonder ghries!
Die meeste stories is op die waarheid baseer; hier en daar is stukkies byborduur of bygelieg. Die leser mag karakters herken, al is die name meestal verander – hulle woon nog hier rond of het dalk reeds verhuis na daardie Groot K’roovlakte waar die opslag altyd blom.

Oor die skrywer:
As gebore kind van die Noordweste, het Nellie Alberts grootgeword op bokmelk en skaap­kaiings. Sy woon in haar hartland, naby Calvinia op ’n plaas. Sy skryf ook kinderstories waarvan ’n paar gepubliseer is in Middernag en ander spokerige stories (H&R), en in ViaAfrika se skoolleesboeke vir junior hoërskoolleerders. Sy het lank skoolgehou, nog langer ’n naaldwerkwinkel bedryf en deesdae doen sy manuskripontwikkeling, proeflees- en redigeerwerk wanneer sy nie kwilt, skryf of tuinmaak tussen die kaal klippe nie.
Ware ‘karakters’ is aan die uitsterf, mense het kleurloos geword, maar hierdie harde droë wêreld van die Noord-Kaap vorm karakter sodat hier baie besonderse mense is, dié soort mens wat nog nie voor die vaalheid van polities en humanisties korrekte voorskrifte geswig het nie, maar sonder skroom hul eie ding doen. Oor hier­die mense skryf sy, die onbesonge karakters van die vlaktes – voor hulle finaal uitsterf.




Bestel GEITJIEVOET EN HONDEBAL by:
Nellie Alberts

No comments:

Post a Comment