Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Tuesday 22 September 2015

Selfpublikasie swendelary


Ô ô . . . nog ’n skrywer wat in ’n geslepe, oorsese uitgewer se strik getrap het. Ai tog! En dit nadat ek gewaarsku het . . .

Ons kry gereeld briewe van skrywers wat uit onkunde derduisende rande verloor het deur die beloftes van uitgeslape internetskurke te glo wat kwansuis hulle boeke gaan publiseer en internasionaal bemark – teen ’n prys, natuurlik!

Aanloklike publiseringspakkette met allerhande spesialiteitsdienste word aangebied – en vir elke item waarvoor jy ja sê, gaan die prys op. Baie slinks bewerkstellig, want die aanbiedinge en kostetoevoegings word oor ’n verloop van tyd gedoen, en die arme skrywer betaal, betaal deur sy/haar nek vir nog ’n kammakastige voordeel hier en ’n noodsaaklikheid daar.

Mense, wees asb. versigtig. Voordat jy besigheid doen met enige uitgewers wat onderneem om jou boek te publiseer doen asb. eers navorsing op Google deur die volgende in te tik:
(Die betrokke besigheid se naam) + Scam
(Die betrokke besigheid se naam) + Problem
(Die betrokke besigheid se naam) + Complaint
(Die betrokke besigheid se naam) + Fraud
(Die betrokke besigheid se naam) + Ripoff
(Die betrokke besigheid se naam) + “Better Business Bureau”

Hier volg ook ’n paar artikels wat jy kan lees om slaggate te vermy:


No comments:

Post a Comment