Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Sunday 13 September 2015

Die proses van selfpublikasie – 'n persoonlike nota van Stella Stofberg

Ons kry baie navrae van skrywers wat hulp of inligting i.v.m. selfpublikasie soek en meesal niks van publikasie weet nie.
    Om jou boek deur Erfenis Publikasies / Heritage Publications te laat publiseer is ’n proses waarin ek baie nou met jou, die skrywer werk om maksimum tevredenheid te waarborg. Dus, laat ek die proses van publikasie in leke-terme verduidelik:
·     Eerstens, my aandeel in die publikasie van ’n skrywer se boek: Ek is die projekbestuurder en ontvang die finale manuskrip van die skrywer, en bespreek o.a. die fonte, grootte, gevoel en voorkoms van die boek met hom/haar. Asook die dienste wat die skrywer mag benodig soos bv. redigering, proeflees, indeksering, ens.
·     Hierna verkry ek kwotasies van verskeie professionele kollegas, sowel as kwotasies van 2-3 drukkers betroubare drukkers en stuur uiteindelik ’n gedetailleerde kwotasie vir die produksie en druk van die boek aan die skrywer. Die skrywer aanvaar die kwotasies in geheel of gedeeltelik.
·     Tensy die skrywer reeds sy/haar manuskrip laat redigeer het, is die volgende stap vir my om die manuskrip na ’n gepaste (vir die onderwerp en styl) redigeerder te stuur wat die manuskrip sal werk. Wanneer die redigeerder klaar is, sal hy/sy voorgestelde korreksies en verandering aan die skrywer stuur.
·     Nadat die skrywer die korreksies en verandering gedoen of verwerp het, kom die manuskrip terug na my en ek doen die uitleg van die boek ná die skrywer tevrede is met die fonte en fontgrootte sowel as die algemene voorkoms van die boek. Die skrywer ontvang PDFs van my soos wat die uitleg vorder.
·     Wanneer die uitleg voltooi is, maak ek ’n PDF van die uitleg en stuur dit aan die skrywer en die proefleser.
·     Die proefleser maak seker dat al die grammatika, leestekens, uitlegspasiëring, feite, ens. korrek is.
·     Beide die skrywer en ek ontvang die voorgestelde korreksies van die proefleser. Die skrywer aanvaar of verwerp die proefleser se voorstelle en daarna doen ek die finale korreksies.
·     Ek ontwerp ook die boekomslag in noue samewerking met die skrywer.
·     Sodra die finale uitleg en boekomslag deur die skrywer goedgekeur is word die PDFs na die gekose drukker gestuur.
·     ’n Proefkopie word gedruk en na my en die skrywer gestuur vir goedkeuring.
·      Ek kyk dat alles perfek is, bv. die kleur en dikte van die omslag, die kantlyne, fonte, kleur van foto's, ens. Indien daar enigiets is waarmee die skrywer en/of ek nie mee tevrede is nie, word ’n tweede en selfs ’n derde proefkopie gedruk
·     Wanneer die proefkopie reg en goedgekeur deur die skrywer is, word die boeke gedruk.
·     Ek sien toe dat ’n geskikte koerier die boeke na die skrywer vervoer, of die skrywer kom haal die boeke direk by my.

Ek het al suksesvol met skrywers van Durban tot Kalifornië gewerk – die maak nie saak waar jy in Suid-Afrika of die wêreld is nie Erfenis Publikasies / Heritage Publications kan jou help om jou boek professioneel en bekostigbaar te publiseer. ’n Boek waarop jy trots kan wees.

Kontak my vir publikasie- en drukkwotasies by: stofbergstella@gmail.com

No comments:

Post a Comment