Proses van
selfpublisering in samewerking met Erfenis Publikasies.
Redigering
Redigering van manuskrip.
Tydsduur ± 3 weke na aanvang van ooreenkoms waarna die
skrywer die manuskrip terug ontvang vir herskryf, waar nodig, en die aanbring
van korreksies.
Uitleg
Uitleg van manuskrip en regstelling van elektroniese foute.
Tydsduur ongeveer 2 – 3 weke, waarna ’n PDF dokument aan die
skrywer gestuur sal word vir die skrywer se goedkeuring.
Indien veranderinge aangebring moet word, moet die skrywer
’n kopie laat druk en skriftelike veranderinge aan die uitleg uit wys.
’n Kopie moet aan Erfenis Publikasies oorhandig/gestuur word
met duidelike, skriftelike instruksies vir korreksies wat aangebring moet word
vir die finale uitleg.
Enige verandering/e wat die uitleg ná die finale uitleg sal
beïnvloed sal addisionele kostes meebring.
Finale korreksies, wat nie die uitleg beïnvloed nie, sal na
proeflesing aangebring word.
Uitleg van manuskrip met grafiese materiaal: koste sal
bereken word na aanleiding van die hoeveelheid werk wat gedoen moet word.
Foto’s en/of sketse moet deur die skrywer
voorsien word.
Indien Erfenis Publikasies behulpsaam moet wees met die
verkryging van grafiese materiaal, en/of werk moet doen om foto’s gereed te
maak vir gebruik daarvan sal dit addisionele koste meebring.
Proeflees
Tydsduur ± 2 weke (insluitend die aanbring van finale
korreksies).
Omslag ontwerp
Die skrywer kan
met die grafiese kunstenaar in gesprek tree oor die ontwerp van die omslag.
Hy/sy kan ook
grafiese materiaal voorsien vir die ontwerp van die omslag.
Daarna sal die ontwerper 5 voorstelle vir die ontwerp aan
die skrywer voorlê vir bespreking. Hierop sal die ontwerper ’n verdere 3
voorstelle voorlê met die oog op die keuse vir die finale ontwerp van die
omslag.
Die skrywer moet die finale keuse vir die omslag skriftelik
goedkeur.
Tydsduur ± 2 weke.
Die finale uitleg met omslag moet gedruk word in boekvorm –
die koste hiervan is vir die skrywer – en daarna moet die boek weer geproeflees
word vir finale korreksies.
Druk van boek
'n Eerste kwotasie sal aangevra word om die skrywer 'n aanduiding van die kostes te gee.
Kwotasies sal aangevra word wanneer die finale uitleg gedoen
is, en sal skriftelik aan die skrywer voorgelê word, waarna die skrywer
skriftelik opdrag moet gee vir die hoeveelheid boeke wat gedruk moet word.
’n Skriftelike kwotasie vir al die werk sal deur Erfenis
Publikasies aan die skrywer gestuur word na ontvangs van die manuskrip.
No comments:
Post a Comment