In Hondklipbaai: van toeka tot nou word hierdie
kusdorpie soveel meer as ’n naam op ’n padbord langs die N7. Tinus Bruwer laat
die geskiedenis van die Hondeklipbaaistreek lewe met sy vertellings oor hierdie
oudste maar uiters gevaarlike natuurlike hawe aan die weskus van Suid-Afrika.
Lees oor die talle skipbreuke langs die kus en loop op
die spoor van koper- en diamantontginning in Namakwaland. Watter soort mens het
hierdie streek getem deur eeue se ontberings en swaarkry; hoe het
Moordenaarsbaai sy naam gekry en waar lĂȘ Simson se Moertjie? Is daar ’n logiese
verklaring vir die onverklaarbare “Verskynsel” buite Hondeklipbaai?
Hierdie boek vertel jou oor Hondeklipbaai se toeka en
sy nou.
Bestellings:
Epos: tinusbruwer@yahoo.com
Sel: 082 9753736
WhatsApp: 072 2057058
Posbus 1, Hondeklipbaai, 8222