Uitleg en omslagontwerp deur Stella Stofberg |
In In die koelte van eergister ontmoet
jy gewone mense én belangrike mense: almal skrywers aan die Overbergse
geskiedenis van die Fick-familie.
Daar is ant Gesie, ʼn ystervrou wat die herhaalde slae
van die lewe moes hanteer, daar’s die versiende landbouleier wat nogtans die
nuwerwetse “traktor”-gedoente nie vertrou nie; ontmoet die geniale maar
onvervulde Fieksen wie se lewensverhaal tragies eindig en ant Kootjie Padkos
wat allerhande spronge maak om swangerskap te vermy. Vind uit waar die Bekke,
die Kantientjies en die Sterrekykers hul byname gekry het.
Volg saam die Fick-familielyne deur 220 jaar in die
Overberg – van Caledon tot Napier – asook hul verbintenisse met ander bekende
families in die eens afgesonderde gebied “over het gebergte”. En alles het
begin by een man, Antonij Ficq, wat in die vroeë 1700’s met ʼn klein skippie uit
Europa sy heil kom soek het op die Afrika vasteland.
Hierdie is ʼn breedvoerige verslag oor hoe grond deur
eeue aan familiename gekoppel gebly het wat vir die eerste keer op rekord
geplaas word. In ʼn tyd waar familietradisie afgewater word, is hierdie boek ʼn
kosbare stuk nalatenskap vir enige nasaat om op te pas.
BESTELLINGS:
Epos: indiekoelte@gmail.com