Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Monday 24 August 2015

KLAAR GELAG

Uitleg deur Stella Stofberg

Klaar Gelag is ’n lekker grapbundel met ’n samestelling van snaakse en histeriese humor. Dit herinner aan gesoute grondboontjies, as jy eers begin daarmee, is dit bykans onmoontlik om op te hou eet daaraan. Die grootste uniekheid hiervan is die feit dat al die humor wat in die bundel vervat word boonop eg Suid-Afrikaans en topklas is.
Lag is die beste medisyne: Dit verminder die risiko vir hartsiektes, dit is ’n natuurlike pyndoder, bevorder asemhaling, help jou om gewig te verloor, sorg vir goeie slaap, verminder stres en maak jou jonk lyk! Daar is absoluut geen rede om nie te lag nie.
Dit is ’n traktasie om so ’n boek vol humor te vind wat die leser laat skaterlag en ook so nou en dan die trane afvee. Voorwaar ’n vars briesie in hierdie besondere genre.
Hierdie volume met sy gemaklike verteltrant is saamgestel om leesvreugde te bied. Dit is gerangskik in 20 lekkerlees hoofstukke met wyd uiteenlopende komiese onderwerpe. Voorts bevat hierdie bundel ’n gesonde hoeveelheid kort grappe en etlike langer humoristiese stories.
Net ’n paar vriendelike woorde van waarskuwing: Hierdie grapbundel is beslis nie vir sensitiewe lesers bedoel nie.

Kontak Conrad Cockcroft vir jou eksemplaar:
conrad.jenny@mweb.co.za of by 082 779 1156.


No comments:

Post a Comment