Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Thursday 18 April 2019

GANNA & ROOSMARYN

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


GANNA & ROOSMARYN DEUR NELLIE ALBERTS

Hierdie bundel warm, aardse verhale uit die dorre streke van ons land vertel van mense wat met humor en gesonde verstand in ʼn ongenaakbare wêreld oorleef. Net soos met haar debuutbundel, Geitjievoet & Hondebal, beskryf Nellie Alberts in Ganna & Roosmaryn onvergeetlike karakters uit al die lae van die lewe met insig en deernis. Elk van die 39 stories is ʼn kort, humoristiese juweeltjie, deurweef van lewenswysheid; skerpsinnig en sonder draaie.
Ontmoet die Engel van Kenhardt; kry saam lekker wanneer Satang hom voordoen as motorverkoopsman en sy rieme styfloop; lees oor die aand van die ’69-aardbewing toe ʼn “ding” in oom Greg Maragelis se bioskoopsaal uitgespring en mense halsoorkop die strate laat invaar het. Leer ken oom Karel Kontant wat ʼn nuwe ryding soek, maar nie ene met ʼn “jast-ien-kys”-slinger nie; loop saam die hartseerpad van werkerskore op hul laaste Oukrismisbesoeke aan boereplase.
Deur al die verhale is verweef die bittersoet van swaarkry, armoede en die onvermoë om ʼn veranderende wêreld te begryp. Saam met die ontvolking van die platteland sal die lieg- en lagstories seker ook mettertyd kwyn en opdroog.

Bestel by Nellie Alberts
WhatsApp: 082 779 9390

No comments:

Post a Comment