Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Wednesday 19 December 2012

Bekendstelling van "Die helmet is 'n dubbeldoor" deur Tex de Swardt

Gisteraand was die bekendstelling van Tex de Swardt se boek "Die helmet is 'n dubbeldoor" en 'n rekord hoeveelheid boeke is verkoop nadat Tex ons vermaak het met genotlike vertellings uit stories in sy boek. Veels geluk Tex en dankie ook aan Pieter Hurter vir sy mees gepaste bekendstellingstoespraak waaruit ek die volgende aanhaal:
"Ons leef in die era van die massa: massamens, massawinkels (dis nie meer supermarkte nie, maar hipermarkte) en massakommunikasie. Alles is meer en groter, hoewel nie noodwendig beter nie. Ten hierdie agtergrond het 'n P van Wyk Louw reeds sewentig jaar gelede gepraat van die aristokratiese ideaal. Dit is die geloof aan ewige goedere, die verantwoordelikheid teenoor 'n mens self en die handhawing van waardes, onafhanklik van die goed of afkeuring daarvan. Slegs as ons hierdie beginsels najaag, kan daar sin in ons bestaan wees en is daar erfgoedere om vir die nageslag deur te gee. Ons is dit aan ons nageslag verskuldig om ook geestesgoedere as erfgoedere na te laat.

Dit is waar Tex se boekie ook as 'n stukkie erfgoed en kultuurgoed sy plek in ons volksliteratuur verdien. Dit is nie maar net 'n versameling herinneringe wat in storie-vorm geboekstaaf is nie, dit is vertellings uit die hart. Die is nie ligsinnige sentiment nie, maar plek-plek spreek die universele mens tot ons. Dan is dit meer as vertellings, dit word kultuurgoed wat ons kan deurgee en sê: 'so het ons geslag en die vorige geslag geleef'."

Op die foto is Tex de Swardt en sy vrou, Luna by dié gesellige geleentheid.

No comments:

Post a Comment