Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Thursday 6 December 2012

"Die helmet is 'n dubbeldoor en ander sketse" deur Tex de Swardt

Uitleg deur Stella Stofberg


Tex de Swart se langverwagte "Die helmet is 'n dubbeldoor en ander sketse" is nou beskikbaar!

Tex toon met hierdie debuutbundel dat hy in sy eie woorde “net maar ’n strorieverteller is wat op aandrang van sy vriende, familie en kinders sy stories begin opskryf het”.
Die bundel is ’n collage van lekkerlees stories vol nostalgie en emmersvol humor. Stories so uiteenlopend soos Tex se luisteraars om die vuur of om die tafel na ete. Plaasstories, liegstories, skoolstories en ook stories vol weemoed wat die leser sal terugvoer na eie onthoutye.
Die sketse loop ’n lang pad vanaf Muiskraal met sy unieke mense: oom Pieter met sy patathoop, oom Strydom die perdesmous, die Nat-mense en die Sappe, en die periodieke konfrontasies met die “pilots” van Sy Majesteit wat gedurende die tweede wêreldoorlog gereeld oor Muiskraal gevlieg het. Ons leer Mias Boks, sy vriend Knappie, oom Frikkie Rust en meneer Jooste met hulle eienaardighede ken, en met die byvoeg van Koos Meyer vertel hy van hierdie karakter se streke waarvan tot nou toe nog nie gehoor is nie.
Hierdie is ’n bundel vertelstories wat baie aande kort gemaak het, en waarvan Kerneels Breytenbach gesê het: “Tex skryf soos hy praat.”

Bestel “Die helmet is ’n dubbeldoor en ander sketse” by tex@hermanus.co.za

No comments:

Post a Comment