Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg |
WANNEER LOjALITEIT en liefde BOTS
Suid Afrika – September 1939
VIR DIE ENGELSE VEG? IN DER EWIGHEID
NOOIT!
Die verklaring van oorlog teen Nazi-Duitsland deur die
Smuts-regering ruk ʼn Afrikanerfamilie uiteen: Die wedywering tussen twee
Vrystaatse broers neem dodelike afmetings aan wanneer sjarmante Pierre die
romantiese keuse maak en by die lugmag in Noord-Afrika aansluit, en Jan, sy ewe
aantreklike jonger broer, die eed van die militante vleuel van die
Ossewa-Brandwag aflê: ʼn eed wat net deur die dood verbreek kan word.
Die broers se avonture tydens hierdie
konfliktydperk bereik ʼn bloedstollende hoogtepunt wanneer Pierre uit Italië
terugkeer en broer teen broer een donker nag op ʼn Pondolandse strand teen
mekaar te staan kom.
Hierdie verhaal weerspieël die diepe
verdeeldheid wat die Tweede Wêreldoorlog tussen Suid-Afrikaners veroorsaak
het: tussen families, vriende en kennisse; en waarvan die impak lewens
verander het.
Die storie van die broers se ysingwekkende
– en soms romantiese – eskapades beloof om die leser vasgenael te hou.
Ek het dit geniet om weer aan die
komplekse aard van oorlog herinner te word – en aan die rampspoedige gevolge
wat beperkte toegang tot inligting eens vir die wêreld ingehou het. In ʼn era
van twiets en blitsboodskappe is dit moeilik om mens in te dink in ʼn tyd toe
mense werklik nie van die waarheid bewus was nie voor dit te laat was. (Wir
haben es nicht gewusst.)
Amelia de Vaal, redigeerder en literêre vertaler
BESTEL BY:
Dave Baker
Sel: 083 411 2722