Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Sunday 30 June 2019

AS EK OMDRAAI, SKIET MY

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg

WANNEER LOjALITEIT en liefde BOTS
Suid Afrika – September 1939
VIR DIE ENGELSE VEG? IN DER EWIGHEID NOOIT!
Die verklaring van oorlog teen Nazi-Duitsland deur die Smuts-regering ruk ʼn Afrikanerfamilie uiteen: Die wedywering tussen twee Vrystaatse broers neem dodelike afmetings aan wanneer sjarmante Pierre die romantiese keuse maak en by die lugmag in Noord-Afrika aansluit, en Jan, sy ewe aantreklike jonger broer, die eed van die militante vleuel van die Ossewa-Brandwag aflê: ʼn eed wat net deur die dood verbreek kan word.
Die broers se avonture tydens hierdie konfliktydperk bereik ʼn bloedstollende hoogtepunt wanneer Pierre uit Italië terugkeer en broer teen broer een donker nag op ʼn Pondolandse strand teen mekaar te staan kom.
Hierdie verhaal weerspieël die diepe verdeeldheid wat die Tweede Wêreld­oorlog tussen Suid-Afrikaners veroorsaak het: tussen families, vriende en ken­nisse; en waarvan die impak lewens verander het.
Die storie van die broers se ysingwekkende – en soms romantiese – eskapades beloof om die leser vasgenael te hou.

Ek het dit geniet om weer aan die komplekse aard van oorlog herinner te word – en aan die rampspoedige gevolge wat beperkte toegang tot inligting eens vir die wêreld ingehou het. In ʼn era van twiets en blitsboodskappe is dit moeilik om mens in te dink in ʼn tyd toe mense werklik nie van die waarheid bewus was nie voor dit te laat was. (Wir haben es nicht gewusst.)
Amelia de Vaal, redigeerder en literêre vertaler

BESTEL BY:
Dave Baker
Sel: 083 411 2722

No comments:

Post a Comment