Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Wednesday 26 June 2019

ROSIE LAPPOP IN DIEP WATERS

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg


ROSIE LAPPOP IN DIEP WATERS

Rosie Lappop se wel en wee
tydens ’n vakansie by die see
sal jou meevoer en verstom –
jy’s welkom om saam te kom.

Op pad see toe loop dinge skeef –
en sy moet benoude tye beleef:
agtergelaat en amper ontvoer
tot sy die reis verder kon voer.

Na ’n uitstappie op die strand
word sy weer gelos op die sand –
’n groot brander sleur haar mee
tot diep binne die groot blou see.

Haar nat laplyfie sak na onder
terwyl sy haarself verwonder
aan die seediere wat sy gewaar
sonder om te dink aan gevaar.

Sy land op ’n seeskilpad se rug
en hy vat haar halfpad terug
tot ’n kwaai haai verby sny
en sy van Skillie se rug afgly.

’n Dolfyn is darem byderhand
om haar te neem na ’n eiland
waar ’n meermin sal probeer
help dat sy terug kan keer.


Bestel ROSIE LAPPOP IN DIEP WATERS by:
Alta Pretorius
027-735383685

No comments:

Post a Comment