Erfenis Publikasies / Heritage Publications

Erfenis Publikasies / Heritage Publications
PROFESSIONAL, AFFORDABLE SELF-PUBLICATION / BEKOSTIGBARE, PROFESSIONELE SELFPUBLIKASIE

Self-publication / Selfpublikasie

Self-publication / Selfpublikasie

Tuesday 4 November 2014

Die pikkewyne dink en doen

Omslagontwerp en uitleg deur Stella Stofberg
’n Pragtige volkleur kinderboek:

Oud en jonk sal hierdie meesleurende stories en pragtige illustrasies van Pikkie Pikkewyn en sy gesin geniet. Daar is ’n goeie balans tussen pret, humor en plesier teen­oor ernstige gebeure en die harde lesse wat die lewe ons soms leer. Cecilia Jacobs slaag uitstekend daarin om die diere in die verhaal te vermenslik en elke ouer en kind sal met die karakters kan identifiseer.
Die stories help kinders om belangrike lewenswaardes soos eerlikheid, liefde en omgee te verstaan en hulle eie te maak. Hulle word ook ingetrek om vaardighede soos probleemoplossing, selfhandhawing, kritiese denke en kommunikasie te oefen. Op hier­die manier is Die pikkewyne dink en doen uitstekende ondersteuning vir die inhoud van die kurrikulum van kleuter- en laerskole, tot en met graad vier.
In die moderne konteks is die benadering vars omdat die kinders in die stories nie behep is met moderne tegnologie nie. Hulle speel en neem deel aan sport en groot klem word gelê op gesinsaktiwiteite. Wat veral beïndruk is die feit dat baie geld en besittings nie noodsaaklik is vir geluk nie. Elke ouer en grootouer behoort hierdie stories vir sy kind en kleinkind te lees.

Dr Nelia Louw
Gesins- en Geslagsopvoedkundige

Bestellings:
Cecilia Jacobs
083 226 0155

jcelia@telkomsa.net

No comments:

Post a Comment